Hieruit ken ons die gees van die waarheid en die gees van die dwaling  
  1 Johannes 4:6  
         
         
Hierdie blad kan die beste besigtig word in 'Mozilla FireFox 2.x+' op 'n resolusie van 1024 x 768
 
       
Bestuur:
       
  Dr G J Meijer (Voorsitter)
  Mev J M Das (Administrasie)
  Mev J C de Wind (Sekretaris)
  Tel: (012) 332-4676
  e-pos: jokedewind@gmail.com
 
  Administrasie:
    Mev JM Das
    Adres: Waarheid en Dwaling
      Posbus 31712
      Totiusdal
      0134
    Tel: (012) 331-4733 (na 19:00)
    e-pos: jdirkdas@magalies.net
       
  Bankbesonderhede:
    Bank: ABSA
    Tak: Waverley Plaza, Pretoria
    Rek No: 9054701904 (Spaar)
 
 
  Artikels:
             
  Die stare decisis beginsel in reg en kerkreg (1)  
      Dr AH van den Bout Waarheid en Dwaling - Maart/April 2008  
 
      Stare decisis beteken om te staan by wat jy besluit het indien soortgelyke sake weer ter sprake kom. In kerkregtelike terme is dit die “vir vas en bindend hou” van Artikel 31 van die Kerkorde. Stare decisis is ’n regsterm wat meer volledig lui: om te staan by wat besluit is en dit wat tot ruste gekom het nie weer in beroering te bring, of nie weer in beweging te bring nie1. Beginselbesluite word geneem, wat 'n mens presedente sou kon noem. Lees verder
             
  Skisofrene "Kerk"-idee van en in die GKSA (1)  
      Prof B Spoelstra (emeritus)  
 
     
1. Die begrip en woord "kerk" is problematies.
"Ekklesia" (uitgeroeptes, d.w.s. mense) is in die Skrif en Vroeë Kerke die woord wat in die Afrikaanse Bybel (1983) met "kerk" en in 1953 beter met "gemeente" in Matt. 16:18 vertaal is. Die begrip "Kerk" kom waarskynlik uit die Middeleeue van kuriakę ("van die Here") toe die "geestelike stand" (die voorgangers), naas die adel en burgerstand, as "die heilige Kerk" in die samelewing van die "leke" onderskei is. Die Roomse het onderskei tussen "kerk" en "leke" op grond van die Griekse filosoof Plato se skeiding van natuur en genade. Die naam gemeente kom in die 16de eeu met die kerkhervorming in Nederland in omloop. Die Nederlandse woord "gemeente" is afgelei van die woord meent (gemeenskaplike dorpsplein of weiveld) en word tot vandag gebruik om die dorpsgemeenskap of stadsbestuur aan te dui. In Engeland, kom die woord congregation wat nader is aan die Bybelse ecclesia wat vergadering van gelowiges aandui, in gebruik. Lees verder
             
  Ons Wonderlike Węreld  
      Prof LF Shulze  
 
     
Inleiding
Die woord wonderlik is hier letterlik bedoel – die węreld is vol wonders. Iemand het dit mooi geformuleer:
  Ons planeet Aarde is waarlik 'n wonder – 'n seldsame, pragtige juweel in die ruimte. Ruimtevaarders het gesę dat die aarde se blou hemel en wit wolke, soos vanuit die ruimte gesien, "dit verreweg die aantreklikste voorwerp gemaak het" wat hulle kon sien.
Op sy beurt het Lewis Thomas in Discover, Junie 1981, geskryf: "Die aarde is die grootste van alle kosmologiese, wetenskaplike raaisels, en dit ontwyk al ons pogings om dit te verstaan". Lees verder
 
 
U is besoeker nommer 57545 vanaf 1 Mei 2005 Suid-Afrika tyd is nou 19/04/2024 12:29:35 
Die ontwikkeling en onderhouding van die www-tuiste word versorg deur Jaco Boersema (jeboersema@gmail.com)